My Allerbeste Vir Sy Hoogste Standaard (Luukse Leer)

deur: Oswald Chambers

R249.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Uitsonderlike klassieke Christelike boek met ryk geestelike insigte en lewensveranderende perspektiewe.

Hierdie uitsonderlike klassieke Christelike boek met sy geestelike insigte en lewensveranderende perspektiewe, is vertaal vir ’n nuwe generasie en is nou ook in luukse leer beskikbaar.

Hierdie uitgawe van My allerbeste vir Sy hoogste is maklik lees­­baar en verstaan­baar. Tog het nie een enkele waar­heid ver­ander se­dert die oorspronklike uit­gawe nie. Die hoop is dat hier­die besondere boek ook in hierdie generasie – en in die toekoms – groot byval sal vind.

Hierdie eietydse weergawe van Oswald Cham­bers se klassieke boek is ’n vreugde om te lees en oor na te dink. ’n Nuwe generasie Christene wat hulle ge­loof ernstig opneem, het nou toegang tot die waarhede waaraan Oswald Chambers ons bekendstel. Nie­mand kan gereeld uit hierdie boek lees sonder om ’n beter dienaar van Christus te word nie.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Utmost for His Highest

Oor die outeur

Oswald Chambers is op 24 Julie 1874 in Skotland gebore. Hy is op 44-jarige ouderdom oorlede. Met sy dood was daar maar drie boeke van hom gepubliseer. Sy invloed het dekades na sy dood eers gekom toe sy weduwee sy gesproke woorde in 30 gepubliseerde werke saamgevat het. Vandag word sy werke steeds gedruk en versprei deur die Oswald Chambers Publications Association.

Nog boeke deur hierdie outeur: