Elke Dag Saam Met Jesus (Sagteband)

deur: Dave Strehler

R189.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

366 kragtige oordenkings vir jongmense oor die grootste rolmodel wat die wêreld ooit geken het – Jesus.

 

Die meeste van ons het goeie rolmodelle in ons lewe. Dit kan ’n gunsteling rolprentster, sanger of sportster wees. Vir sommige kan dit selfs ’n familielid of vriend wees wat ons bewonder. Vandag raak dit egter al moeiliker om goeie, godvresende rolmodelle te vind.

Elke dag saam met Jesus wys vir kinders tussen 8 en 12 jaar wat dit beteken om in die voetspore te volg van die grootste rolmodel wat ooit op die aarde geleef het – Jesus. In 366 kragtige oordenkings help Dave Strehler die kinders van vandag om meer soos Jesus te word namate hulle meer leer oor die aardse reis, van die dag van sy geboorte tot sy hemelvaart. Elke oordenking bied ’n inspirerende teksvers en iets om te doen, oor na te dink, te onthou en te bid.

Help die jongmense van vandag om hulle eerste tree na sukses te gee namate hulle in die voetspore van Jesus volg, die wonderlikste rolmodel wat die wêreld al ooit gesien het!

 

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Walking with Jesus

 

Oor die outeur

Dave Strehler is al vir langer as 20 jaar betrokke by die onderrig van kinders. Hy is tans be­trokke by die Eastside Community Church in Pre­toria. Hy is passievol daaroor om kin­ders en jongmense te help om die Bybel te verstaan en hulle te leer om dit te geniet om Bybel te lees. Hy volg ’n praktiese benadering wanneer hy skryf oor kwes­sies rakende die Christelike lewe.