Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Vroue (Linne)

deur: Norma Rossouw

R249.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

366 temas ondersteun deur teksverse en ’n  unieke kerngedagte om gelowige vroue te bemoedig.

 Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot ’n geesdriftige lewe vir God.

Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en ’n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook ’n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Pocket Bible Devotional for Women

Oor die outeur

Norma Rossouw is ’n vreugdevolle vrou met passie vir die bediening waarvoor God haar geroep het. Sy het al talle leiersposisies in die kerk beklee, maar haar leiding as ma vir G.J. is die een wat haar die naaste aan die hart lê. Sy is getroud met Gert en is bevoorreg om die vrede van ’n plaas-lewe te kan geniet.