Geillustreerde Oordenkings Vir Dogters (Sagteband)

deur: Carolyn Larsen

R200.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Kreatiewe en Geesvervulde reis vir meisies met 366 kort oordenkings en Woordkuns om in te kleur.

 

Geïllustreerde oordenkings vir dogters is propvol pret! Elkeen van die 366 dagstukke bevat ’n kort oordenking, wat afgerond word met ’n gebed, en ’n ontwerpte teksvers wat ingekleur kan word. Die oordenkings is die perfekte gids vir dogters wat met moeilike lewensituasies begin stoei, soos cool-wees, uitgaan, beste vriende en groepsdruk.

Die oordenkings is geneem uit Eenminuut-oordenkings vir dogters, geskryf deur bekende outeur Carolyn Larsen. Die sleutelverse by elke dagstuk is pragtig ontwerp, sodat die waarheid van die Skrif in jong harte vasgelê kan word terwyl hulle die vers inkleur.

 

Ook beskikbaar in Engels onder titel The Illustrated Devotional for Girls.

 

Oor die Outeurs

Carolyn Larsen is ’n skrywer, aktrise en ervare spreker met ’n Godgegewe passie om die evangelie aan vroue en kinders te bring. Sy het al by talle konferensies in Amerika, Kanada en Indië opgetree. Carolyn het al meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes geskryf en haar boeke is al met verskeie pryse bekroon. Carolyn woon in Glen Ellyn, Illinois, saam met haar man, Eric. Hulle het drie kinders en ook kleinkinders.