n Jaar Met Jesus (Sagteband)

deur: Jan De Wet

R229.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Ontdek watter belangrike rol Jesus in jou lewe speel.

Om saam met Jesus op pad te wees, is ’n wonderlike avontuur. God se kinders het die voorreg om elke dag van die jaar hulle Verlosser by hulle te hê.

In ’n Jaar met Jesus maak Jan de Wet Jesus se teenwoor­digheid vir jongmense werklik. Hy stap saam met hulle deur die Bybel, van Genesis tot Open­baring en stel hulle voor aan gewone mans en vroue met drome, oorwinnings en mislukkings. Hy ge­bruik Bybel­karakters soos Dawid, Petrus, Matteus en vele ander om prakties te wys hoe Jesus deur sy kinders werk. Maar die belang­rikste is dat hy wys watter belangrike rol Jesus in dié karakters se lewens gespeel het.

’n Jaar met Jesus wys vir jongmense dat Jesus ons beste Voorbeeld is, want Hy is self die weg, die waarheid en die lewe.

Voorheen uitgegee onder die titel Wandel met Jesus.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Year with Jesus.

Oor die outeur

Jan de Wet is die bekende outeur van Wandel met Jesus en Wat sal Jesus doen? Hy is ook ’n bekende gospel­san­ger. Hy is getroud met Jeanette en die egpaar het drie kin­ders.