Adrio König ondersoek in Hoop – ons lewensanker die lyn van hoop deur die Bybel: die hoop wat deur die Ou Testament loop dat God sy volk sal onderhou, dwarsdeur die Nuwe Testament tot vandag.
Deur die loop van Hoop – ons lewensanker beantwoord Adrio talle vrae wat gelowiges oor hierdie universele tema kan hê. Hy bespreek onder andere:
- Wat is hoop?
- Hoop in die Bybel
- Hoop in die Ou Testament
- Die besondere nadruk op hoop in Romeine
- Hoop in die geskiedenis van Israel en die hoop van ’n nuwe verbond
- Hoop vir ons: vir hier en nou, én vir die toekoms
Hoop – ons lewensanker sluit af met die seker wete dat ons hoop nie gegrond is op omstandighede nie, maar in die ewige God.
Gebruikersresensies