558 Dae (Sagteband)

deur: Yolande Korkie & Maretha Maartens

R299.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Die aangrypende ware verhaal van ontvoeringslagoffers Yolande en Pierre Korkie.

558 dae van hel. Twee siele verenig in liggaam en gees. Een almagtige God. Dit is die verhaal van Yolande en Pierre Korkie, wat deur Al Qaeda ontvoer is, soos vertel deur Yolande. Pierre het dit nie oorleef nie.

In hierdie roerende verhaal herleef Yolande die paartjie se ontvoering en gewelddadige skeiding van hulle kinders en die lewe soos hulle dit geken het. In 558 dae deel Yolande alles wat sy tydens hierdie afskuwelike tydperk ervaar het; van die oomblik wat hulle ontvoer is, haar vrylating en uiteindelik die mislukte reddingspoging om Pierre te bevry.

Dit is ’n ware verhaal van ’n tipe liefde wat min paartjies ooit sal ervaar, van geloof wat sterker word deur lyding en van vergifnis wat kragtiger is as menslike grense. Dit is die storie van 558 dae.

16 bladsye volkleur-foto’s uit Yolande se persoonlike album, inskrywings uit Pierre se joernaal terwyl hy in aanhouding was en ’n roerende laaste brief van Yolande aan Pierre is in die boek ingesluit.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel 558 Days

Oor die Outeur

Yolande Korkie, die weduwee van Pierre Korkie, is in die VSA gebore, maar het op Suid-Afrikaanse bodem grootgeword. Voor hulle vertrek na Jemen het die egpaar en hulle twee kinders, Pieter-Ben en Lize-Mari, in die sonskyn van Sentraal-Suid-Afrika gewoon, gewerk, studeer en gebly. Yolande het ’n meestersgraad in Sielkunde en ’n diploma in Pastorale Berading. As huweliksmaat het sy die veelsydige Pierre in elke onderneming bygestaan en haar volledig met sy roeping as mentor in Jemen vereenselwig. Daar het sy die taal geleef deur onderwys, hulpverleningswerk en perdryklasse. Sy en die kinders woon in Bloemfontein, waar sy as dosent betrokke is by die Universiteit van die Vrystaat.

Maretha Maartens het Yolande in die daarstelling van 558 Days bygestaan en die boek in Afrikaans vertaal. Sy is die skrywer van ongeveer 160 boeke, waarvan verskeie plaaslik en internasionaal bekroon is. Sy was dosent in Didaktiek, Opvoedingsfilosofie en Engels voordat sy in die ondersteunende rol van leraarsvrou en voltydse nering as skrywer ingestap het.