Bevryding Van Angs En Bekommernis (Sagteband)

deur: Bruce Wilkinson & Heather Lynn

R170.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Word bevry van angs en bekommernis deur gebede wat jou hart instel op God se waarheid en liefde vir jou.

 

Die meeste mense was al angstig of bekommerd. En soms kan dit verlammend wees.

     In Bevryding van angs en bekommernis wys topverkoper-outeur Bruce Wilkinson vir lesers hoe om vry te kom van angs en bekommernis. Deur besprekings, Skrifverwysings en gebede lei hy lesers om hulle laste oor te gee aan God wat alles kan hanteer. Hy kyk onder andere na sake soos veiligheid en sekuriteit, finansies, gebroke verhoudings, gesondheid of die toekoms. Aan die einde van elke hoofstuk is daar ook ruimte om persoonlike gebede, antwoorde en herinneringe neer te skryf.

     Bevryding van angs en bekommernis sal gelowiges help om in hulle daaglikse gebedstyd bemoedig te word deur God se waarheid en bekragtig te word deur sy liefde sodat hulle sy oneindige vrede kan ervaar.

 

Oor die outeur

Bruce Wilkinson is ’n internasionale bedieningsleier, gesogte spreker en bekroonde outeur van meer as 60 boeke. Hy is die stigter van Teach Every Nation sowel as Walk Thru the Bible, een van die grootste godsdienstige organisasies in die wêreld. Bruce en sy vrou, Darlene, het drie kinders en ook kleinkinders. BruceWilkinson.com