Beloftes, Romanse En Liefde (Sagteband)

deur: Greg Smalley & Erin Smalley

R150.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Ontdek die 12 Bybelsgebaseerde strategieë wat jou sal help om struikelblokke te oorkom, suksesvolle kommunikasiepatrone te ontwikkel en lewenslange romanse in jou huwelik te skep.

Elke huwelik beleef soms kronkels en kinkels. Maar die ompaaie hoef paartjies nie heeltemal te laat verdwaal of van mekaar te vervreem nie.

     In Beloftes, romanse en liefde ondersoek Greg en Erin Smalley 12 Bybelsgebaseerde rigtingwysers wat paartjies sal help om hulle huwelik op koers te hou. Deur praktiese raad en stories uit hulle eie huwelik en jare lange beradingservaring wys hulle paartjies hoe om padversperrings te oorkom, suksesvolle kommunikasie­patrone te vestig en lewenslange romanse te skep.

     Met humor en deernis deel die Smalleys die geheime van ’n sterk huwelik gevul met “ware liefde” soos God dit in die Bybel beskryf sodat paartjies ’n padkaart kan hê vir ’n lewenslange romantiese avontuur.

 

Ook beskikbaar in Engels onder titel Crazy Little Thing Called Marriage.

 

Oor Die Outeurs

Dr. Greg en Erin Smalley het al verskeie boeke oor die huwelik geskryf en verskeie konferensies oor die huwelik aangebied. Ná ’n huwelik van meer as 25 jaar kan hulle met vertroue sê dat die huwelik elke jaar beter word. Greg het ’n doktorsgraad in sielkunde en is vise-president van die huweliksdepartement by Focus on the Family. Erin het ’n meestersgraad in kliniese sielkunde en werk saam met Greg. Hulle het vier pragtige kinders.