As 'n Kind Se Lag Verdwyn (Sagteband)

deur: Henk Gous & Ansie Gous

R119.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Vir baie mense is dit ondenkbaar dat ook kinders aan depressie kan ly. Tog is dit die hartseer realiteit wat Henk en Ansie Gous in As ’n kind se lag verdwyn aanroer.

In hierdie boek bespreek Henk en Ansie eer­stens die werklikheid van depressie by kinders en die lewe wat God bedoel het kinders moet hê. In die tweede deel van die boek kyk hulle na die simptome en snellers van depressie, en die derde afdeling fokus op wat ouers, professionele kundiges, onderwy­sers en ander mense kan doen wanneer ’n kind aan depressie ly.

As ’n kind se lag verdwyn wil kinders help om te lééf, nie net te oorleef nie. Dit wil ouers help met die moeilike kuns van kinders grootmaak. Want al kan hulle nie namens hulle kinders elke geveg veg nie, kan hulle hulle kinders help veg.