’n Praktiese gids vir ouer-dogter-gesprekke oor 8 moet-gesels onderwerpe.
Jou dogter word ’n tiener. Weet jy wat sy werklik dink oor ouens, skool, God of haar toekoms? En besef jy hoe vinnig dit kan verander? Hoe praat ’n mens oor dié goed?
Amper ’n tiener help ouers om met hulle dogter te gesels en haar te help deur die tawwe tienerjare. Peter en Heather Larson en David en Claudia Arp gee vir ouers persoonlike raad en bied deurdagte vrae wat hulle kan gebruik om betekenisvolle, natuurlike gesprekke oor 8 kernsake met hulle dogter te hê, waaronder:
- Fisiese en emosionele veranderinge in haar lewe
- Eienaarskap van haar geestelike lewe
- Hoe om sosiale media verantwoordelik te gebruik
- Verhoudings
Amper ’n tiener is ’n praktiese gids tot ouer-dogter-gesprekke. Daar is ook raad oor dinge wat julle ook saam kan doen om haar te bemoedig in haar geloof en die uitdagings waarvoor sy te staan gaan kom. Dit is ’n móét vir elke ma en pa.
Ook beskikbaar in English - She's Almost A Teenager
Oor die outeurs
Peter en Heather Larson gee voorhuwelikse berading en werk gereeld met getroude pare. Peter is ’n kliniese sielkundige wat betrokke was by die ontwikkeling van Prepare/Enrich, ’n gewilde evalueringsisteem wat deur paartjies gebruik word. Heather is direkteur van Marriage Alive. Die Larsons is al byna 20 jaar getroud en het drie kinders. Hulle woon in Boulder, Colorado.
David en Claudia Arp is die stigters van Marriage Alive. Hulle het al meer as 30 boeke gepubliseer en bied die seminaar 10 Great Dates aan wat internasionaal baie gewild is. Die egpaar verskyn gereeld in internasionale media en woon in Great Falls, Virginia. Besoek www.10greatdates.org
Gebruikersresensies