8 Tale Van Die Brein (Sagteband)

deur: Kathy Koch

R169.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Ontdek en ontwikkel kinders se unieke intelligensies sodat hulle met meer selfvertroue God se plan kan leef.

 

“Slim” is ’n kragtige woord. Kinders wat glo hulle is slim, presteer beter op skool en pak die lewe met meer self­vertroue aan. Maar kinders wat nie so dink nie, kan sukkel om te fokus.

8 tale van die brein help ouers om hulle kinders se unieke intelligensies te ontdek en ontwikkel. Is hulle woord-, logika-, prentjie-, musiek-, liggaam-, natuur-, mens- of self-slim? Dit bemagtig en rus ouers toe met nuwe en kreatiewe idees oor hoe om:

·       hulle kinders se unieke intelligensies te aanvaar en te bevestig

·       hulle kinders aan te moedig om met al 8 intelligen­sies te leer

·       enige intelligensie wat “verlam” is weer aan te wakker

·       wangedrag op nuwe, opbouende maniere te ver­ander

·       hulle kinders geestelik en in hulle verhoudings te lei, asook na ’n goeie loopbaankeuse

Verder bied die boek ook twee speletjies per bepaal­de intelligensie om vas te stel of dit ʼn sterk of swak punt is, bylaes met hoe kinders hulle intelli­gensies kan gebruik om woorde se betekenisse te leer en dink-werkwoorde, asook evalueringsvraelyste op www.8GreatSmarts.com.

8 tale van die brein is geskik vir ouers met kinders van alle ouderdomme en is gebaseer op die teorie van multi-intelligensie.

 

Ook beskikbaar in Engels onder die titel 8 Great Smarts.

 

Oor die outeurs

Kathy Koch, PhD, is die stigter en president van Celebrate Kids, Inc., in Fort Worth, Texas. Sy praat met ouers, onder­wysers en kinders van alle ouderdomme oor die temas in hierdie boek en haar ander drie boeke: Finding Authentic Hope and Holeness, Screens and Teens en No More Perfect Kids, wat saam met Jill Savage geskryf is.