20 Dinge Waarmee Seuns Struggle/20 Dinge Wat My Seun Moet Onthou (Sagteband)

deur: Johan Smith

R89.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Mans maak so moeilik hulle harte vir mekaar oop. En dit des te meer wanneer die onderwerp nie altyd lekker is nie, of ʼn mens ongemaklik kan maak. Weens sy betrokkenheid by die jeug weet Johan Smith wat die dinge is waarmee jongmense stoei, en as pa weet hy hoe moeilik dit is om jou hart oop te maak teenoor jou kinders en die wysheid te deel wat jy op die harde manier moes leer – sónder om te preek.

Met 20 dinge waarmee seuns struggle / 20 dinge wat my seun moet onthou gee Johan pa’s en seuns dus die beste van twee wêrelde: ʼn 2-in-1-boekie met 20 briewe vanuit seuns se perspektief oor die dinge waaroor hulle dink, maar ongemaklik voel om oor te praat, en 20 briewe vanuit ʼn pa se perspektief oor dinge wat hy graag met sy seun wil deel. Onderwerpe sluit in seks, Christenskap, vroue, vriendskap ... eintlik enigiets wat swaar op ʼn man se hart lê.