1 Minuut-Inspirasie Vir Leiers (Sagteband)

deur: Stan Toler

R79.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Byna 80 praktiese wenke vir uitmuntende leiers.

Dit is nie altyd maklik om aan die stuur van sake te staan wanneer die pad lank en die terrein ongelyk is nie. Maar met die regte motivering en aansporing kan dit ’n tyd gelaai met sukses en uitnemendheid wees.

In 1 minuut-inspirasie vir leiers skep Stan Toler ’n wen-kombinasie van motiverende aanhalings, teks-verse en vertellings wat jou sal inspireer om die potensiaal in jou eie lewe te ontsluit.

Hierdie sakpas, humoristiese gids bied byna 80 praktiese wenke wat jou gedagtes aan die gang sal sit, waaronder:

  • Leiers sit tyd opsy om te ontspan
  • Leiers het ’n sin vir humor
  • Leiers vra vergifnis

1 minuut-inspirasie vir leiers sal jou – ervare of nuut aan die stuur – help om jou doelwitte te bereik terwyl jy dié om jou aanmoedig.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Minute Motivators for Leaders

Oor die Outeur

Stan Toler was vir 40 jaar ’n leraar en is die emeritus- algemene superintendent van die Church of the Nazarene-denominasie. Dié begaafde leier en internasionale spreker wat al in 80 lande opgetree het, was voorheen die visepresident van John Maxwell se tydskrif INJOY. Stan is die outeur van meer as 100 boeke waaronder verskeie topverkopers en sy verkope het reeds die 3 miljoen-merk verbygesteek. Hy en sy vrou, Linda, het twee seuns en vier kleinseuns.